LANDSDIENS

LANDSDIENS


Larries Landsdiens is 'n aktiewe en energieke beweging.  Daar word op Maandaemiddae dagprojekte aangebied en een van die hoogtepunte van Larries Landsdiens is die Spekboomprojek, die leerders het reeds duisende klein boompies geplant wat later uitgeplant sal word.


Die Landsdiensbeweging is 'n omgewingsgerigte jeugorganisasie wat die jeug tot verantwoordelike landsburgers lei deur middel van klubaktiwiteite en kampe, om lewenslank die vier liefdes van Landsdiens uit te leef.


Liefde vir die SKEPPER

Liefde vir die MEDEMENS

Liefde vir die NATUUR

Liefde vir ARBEID


Landsdiens lede is gewoonlik wonderlike mense. Ons werk, speel en groei saam.


Die hoogte punt is die kampe:

K lubkamp

Lesotho Thin Air

Provinsiale kamp

Nasionale kamp(Gekose lede wat Provinsiale kamp bygewoon het)


Toekennings:

Die Landsdiensbeweging gee erkening aan lede vir getroue bywoning


Spesiale projekte:

Spekboomprojek


Dis regtig 'n fees om deel van NW Landsdiens te wees!


Share by: