BOOGSKIET

BOOGSKIET


Luister na meer inligting oor ons Boogskiet program

Larries Boogskiet is 'n handelsmerk wat gevestig is in 2011 en 'n unieke sportsoort waarop elke Laerskool Rustenburg leerder, ouer en personeel trots op is. Ons het met die boogskiet by die skool begin om leerders aan 'n nuwe sportsoort bekend te stel wat nie by alle skole is nie.
Boogskiet is 'n sportsoort waaraan elke leerder kan deelneem. Daar word ook nou geleentheid vir leerders wat nooit sport gedoen het nie en nou ook by die sportsoort, soos boogskiet, uit te kan staan.
 
Larries Boogskiet is vir die afgelope agt jaar NASP SA Nasionale kolskoot kampioene en die vier jaar na mekaar NASP SA Nasionale 3D kampioene. Ons is vir die afgelope sewe jaar onoorwonne en waar ons Laerskool boogskietspan ook soms die Hoërskool se boogskietspan skrik op die lyf jaag.

Ons het ook oor die afgelope nege jaar NASP Noordwes Provinsiale en NASP SA Nasionale skuts opgelewer wat aan internasionale kampioenskappe deelgeneem het.

Larries Boogskiet fokus op meer as net boogskiet prestasies en resultate, maar ook elke leerder se waardes. Met die regte waardes sal die boogskiet prestasies self kom. Ons boogskietprogram is deel van ons Menslike Bewegingskunde Avontuur Program waar al die Graad 4 leerders in die eerste kwartaal tydens Menslike Bewegingsperiode opgelei word hoe die boogskiet werk en een van die redes wat ons boogskietprogram anders maak.
Laai die TEAM APP toepassing af
Share by: