NASKOOLSENTRUM

NASKOOLSENTRUM


Laerskool Rustenburg se naskoolsentrum bied vir ons leerders 'n veilige, pret omgewing onder die toesig van bekwame naskoolpersoneel.  Die sentrum is goed toegerus met 'n kombuis waar voedsame maaltye smiddae berei word deur Nostalgie Spyseniers vir die leerders.  Tydens eksamentye word studietyd ingeruim en lees smiddae vorm deel uit van die middagprogram.  Leerders word ook toegelaat om aan hul buitemuurse aktiwiteite op die terrein deel te neem.  Die naskoolopsie bied 'n veilige hawe vir u kind smiddae!

Share by: