SWEM


๐ŸŠ‍โ™‚๏ธ Swemfasiliteite by Laerskool Rustenburg ๐ŸŠ‍โ™€๏ธ


Laerskool Rustenburg beskik oor uitstekende swemfasiliteite wat aan die behoeftes van al ons leerders voldoen en ruimte skep vir groei – van basiese vaardighede tot mededingende swem.


๐ŸŒŠ GALA-GROOTTE SWEMBAD

  • Gedurende MB-periodes kry leerders die geleentheid om te leer swem en basiese swemvaardighede aan te leer.
  • Graad R-leerders ontwikkel waterveiligheid as deel van hul leerprogram.
  • Die swembad word gebruik vir ons Interhuisswemgala, asook vir vriendskaplike byeenkomste met omliggende skole.
  • Na-ure afrigting word aangebied aan leerders wat aan gala's wil deelneem.
  • Leerders wat graag provinsiaal wil swem, kan aansluit by die Rustenburg Swimming Club. Kontak Megan Hautmann by
    ๐Ÿ“ž 073 556 6429 vir meer inligting oor swemtye en fooie.


๐Ÿ’ฆ VERHITTE BINNEHUISE SWEMBAD

  • Hierdie verhitte swembad bied die ideale leeromgewing – ongeag die seisoen.
  • Swemlesse vir jonger leerders word tydens skoolure en in die middae aangebied.
  • Klasse vir volwassenes is ook beskikbaar.
  • Kontak Jevon by ๐Ÿ“ž 083 656 1169 om jou kind of jouself se plek te bespreek en meer uit te vind oor lesse en tye.


Besoek EliteSplash Swim School