🏊♂️ Swemfasiliteite by Laerskool Rustenburg 🏊♀️
Laerskool Rustenburg beskik oor uitstekende swemfasiliteite wat aan die behoeftes van al ons leerders voldoen en ruimte skep vir groei – van basiese vaardighede tot mededingende swem.
🌊 GALA-GROOTTE SWEMBAD
- Gedurende MB-periodes kry leerders die geleentheid om te leer swem en basiese swemvaardighede aan te leer.
 - Graad R-leerders ontwikkel waterveiligheid as deel van hul leerprogram.
 - Die swembad word gebruik vir ons Interhuisswemgala, asook vir vriendskaplike byeenkomste met omliggende skole.
 - Na-ure afrigting word aangebied aan leerders wat aan gala's wil deelneem.
 - Leerders wat graag 
provinsiaal wil swem, kan aansluit by die 
Rustenburg Swimming Club. Kontak 
Megan Hautmann by 
📞 073 556 6429 vir meer inligting oor swemtye en fooie. 
💦 VERHITTE BINNEHUISE SWEMBAD
- Hierdie verhitte swembad bied die ideale leeromgewing – ongeag die seisoen.
 - Swemlesse vir jonger leerders word tydens skoolure en in die middae aangebied.
 - Klasse vir volwassenes is ook beskikbaar.
 - Kontak Jevon by 📞 083 656 1169 om jou kind of jouself se plek te bespreek en meer uit te vind oor lesse en tye.
 


