EKSAMENINLIGTING

EKSAMENINLIGTING


Eksamenreëlings 


(Mag van termyn tot termyn verskil en sal opdateer word:


1. VRAESTELLE

• Gr 6 skryf NWPA vraestelle in die volgende vakke: Engels , Wiskunde, SW en NS/Teg. Dit is vraestelle wat deur die provinsie verskaf word en verpligtend is vir die graad om te skryf. Afrikaans en LV word intern deur die vakonderwysers opgestel.

• Gr 4, 5 en 7 skryf interne vraestelle wat deur hul vakonderwysers opgestel word, behalwe Engels, soos deur personeel gereël.

2. AFBAKENING

• Gr 6 ontvang later assesseringsriglyne soos deur die departement voorsien. Sodra die skool dit ontvang word dit aan die leerders verskaf.

• Gr 4, 5 en 7 ontvang afbakenings soos deur die vakonderwysers voorsien. 

3. DUUR VAN EKSAMEN

• Gr 1-3 doen interne assessering

• Gr 4-7  (Sien eksamenroosters vir detail)

4. AFWESIGHEDE

• Deeglike kontrole van bywoning sal tydens die eksamentydperk geskied. Die skryf van die eindjaareksamen is verpligtend ten einde vir u kind om aan departementele promosievereistes te voldoen.

• Daar kan geen uitstel vir laatkommers tydens die eksamensessie gegee word nie.

• Indien u kind siek is moet hy/sy ‘n doktersbrief inhandig.

• Spesiale toestemming om op ander tye te skryf sal slegs in hoogs uitsonderlike gevalle, en dan ook slegs deur die hoof, toegestaan kan word.

• Ons versoek ouers dus om NIE verlofreëlings tydens die eksamentydperk te reël nie.

5. ALTERNATIEWE ASSESSERING

• Geskied vir alle leerlinge met departementele toestemming.

• Ekstra tyd, voorlees van vraestelle asook ander vergunnings sal geskied volgens departementele aanbeveling.

6. VERLORE HANDBOEKE

• Enige verlore/uitstaande/beskadigde handboek sal deur u as ouer vereffen moet word teen die huidige vervangingswaarde. Handboeke word ingeneem die dag wanneer die betrokke vak geskryf word.


7. DAGPROGRAM TYDENS DIE EKSAMEN

TYD AKTIWITEIT

07:15-07:30 VOOG EN OPENING

07:30-09:30 EKSAMENSESSIE-SLUIT 10 MIN LEESTYD IN

AFHANGENDE VAN VRAESTELTYD, EERS STUDIE, LAASTE DEEL SKRYF

09:30-10:00 POUSE

10:00-11:30 AKTIWITEITSPERIODE VIR GR 4-6

GR 7 IN VOOGKLASSE/BESIG MET MB AKTIWITEIT-MNR CALLIE/INNEEM VAN HANDBOEKE-REëLINGS SAL VOLG

11:30-11:45 POUSE

11:45-12:00 IN VOOGKLASSE

12:00 SKOOL VERDAAG


8. ALGEMENE EKSAMENREëLINGS

• Leerders het normale skool totdat die eksamen in aanvang neem. Hersiening en sillabuswerk word steeds daagliks gedoen. Ons doen ‘n beroep op ouers om toe te sien dat hul kinders by die skool is en toegewyd sal werk.

• Alle leerders skryf in hul voogklasse onder toesig van hul voogonderwysers.

• Ouers moet seker maak dat leerlinge alle skryfbehoeftes het wat hulle mag nodig kry. Geen items mag onderling uitgeleen word nie:

 Blou pen

 Potlood en skerpmaker

 Liniaal

 Uitveër

 Ander benodigdhede soos deur die vak voorgeskryf

• Normale skoolreëls geld tydens die eksamentydperk. Leerlinge moet te alle tye reg geklee wees en die normale gedragskode geld.

• Leerlinge ontvang rapporte die dag as die skool sluit.

• Ons versoek ouers om met hul kinders te gesels oor die gevolge van oneerlikheid tydens die aflê van eksamens. Sulke gevalle word as BAIE ernstig gesien en as sulks hanteer.

BAIE STERKTE!! KYK GERUS NA AL DIE STUDIEWENKE WAT GEREELD IN DIE LARRIE LYSTERS VERSKYN HET. ALLE LARRIE LYSTERS BESKIKBAAR OP KOMMUNIKEERDER

Share by: