STUDIEWENKE

STUDIEWENKE


Benadering tot suksesvolle studies

 

  • Voorbereiding vir die eindeksamen begin op die eerste skooldag van die jaar.
  • Ontwikkel die gesindheid dat werk ‘n plesier is.
  • Skep tuis ‘n studie-atmosfeer: geen gekuiery in die week, stilte en erns op gesette tye van die dag (radio af, weg van geselskap, ens.)
  • Wees gemotiveerd, werk vir ‘n doel.
  • Deursettingsvermoë, selfdissipline, pligsbesef en die wil om suksesvol te wees, is noodsaaklik.
  • Moenie jou werk kort-kort onderbreek nie. Stel ‘n studierooster op en bly daarby. Leer bv. vir 45 minute en rus vir 15 minute. Bestee meer tyd aan die vakke waarin jy swakker vaar.
  • Werk en studeer elke werksdag.

 

Wenke vir suksesvolle studie

 

  • Ontwikkel ‘n ware belangstelling in jou werk.
  • Sorg dat jy sukses behaal – dit werk aansteeklik.
  • Konsentreer elke oomblik in die klas en tuis wanneer jy werk. Stel geduring vrae aan jouself oor die werk.
  • Sorg dat jy alles by jou het wat jy nodig het vir die dag, skryfbehoeftes, ens. Sodat jy nie by ander hoef te leen nie.
  • Luister in die klas met gekonsentreerde aandag en vra dadelik vrae as jy iets nie verstaan nie. Moenie net hoor nie. Werk saam en probeer jou bes om die onderwysers se vrae te beantwoord. Steek jou hand op en vat ‘n kans!
  • Gebruik jou geheue. Leerwerk moet ingeprent word sodat dit weer teruggeroep kan word. Hersien en herhaal gereeld, dan word werk vasgelê.
  • Werk gereeld en effektief. Organiseer jou tyd. Daar moet genoeg tyd vir werk en ontspanning wees.
  • Doen altyd jou eie huiswerk.

 


'n Beproefde studiemetode

 

  • Verkry ‘n oorsig deur die werk deur te lees.
  • Stel aan jouself vrae oor die werk en skryf hoofpunte neer.
  • Lees nou met groot aandag en konsentrasie. Soek antwoorde op jou vrae en skryf dit neer. Skryf die belangrikste kernfeite onder die hoofpunte neer.
  • Leer nou eers die hoofpunte en sê dit vir jouself.
  • Leer nou elke hoofpunte met sy kernfeite en sê dit vir jouself op.
  • Sodra jy dit kan opsê, skryf die feite neer en kontroleer of dit reg is.
  • Kontroleer nou of jy die antwoorde op die vrae ken.
  • Hersien die hele stuk werk weer om ‘n geheelbeeld te kry.
  • Herhaal stappe 1-8 indien jy die werk nog nie ken nie.

 

Algemeen:

 

  • Leer om te konsentreer. Dit beteken om al jou aandag te wy aan die taak waarmee jy besig is.
  • Beplan jou studierooster en bestee meer tyd aan die vakke waarin jy swakker vaar.
  • Kweek die regte gesindheid teenoor jou werk. Onthou, dit is tot jou eie voordeel.
Share by: